Vreesloos Gehoorsaam

Vreesloos Gehoorsaam 'n Keur uit Beyers Naud‚ se preke 1939-1997

ÿVreesloos gehoorsaam verwoord ?n goue draad wat deur Naud‚ se hele loopbaan vleg en ook neerslag vind in sy preke, waarin hy dikwels sy gehoor oproep om ?nie te vrees nie?. Reeds in sy eerste preek (?n Adventspreek in Desember 1939) neem hy as teksvers Lukas 2:10, waar ons die woorde van die engel lees: ?Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ?n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.? En in 1960, ?n waterskeidingsjaar in Naud‚ se lewe, die jaar van die sluipmoordaanslag op doktor Verwoerd, die Cottesloe-beraad en die gewelddadige en noodlottige Sharpevilleopstand teen die gehate paswette, sluit hy ?n preek oor die tema ?Gehoorsaam ? Aan wie?? met die volgende persoonlike getuienis af: ?[E]k het ?n vader gehad wat ons as sy kinders geleer het dat die mens sy grootste gehoorsaamheid altyd aan God verskuldig is: ?n gehoorsaamheid wat getuig moet word aan Sy Woord. ?Wie Gods Woord gehoorsaam, hoef niks te vrees nie? ?.
Sign up to use